BOERDERY.

Ons reken dat 'n volk die eerste stap in die beskawing gedoen het

wanneer hul nie langer bereid is om te neem net wat die Natuur vir

hul gee nie, maar wanneer hul daarvan werk maak om die Natuur te

help kos lewer. Dit word dan gewoonlik verder uitgelê dat die "hulp"

beteken veeteelt of landbou. As dit die toets is, dan is die Boesmans

nog laer as die eerste stap, maar as ons reken watter inspanning dit

gekos het om die eerste boog te maak, (wat die Australiërs nooit

geken het nie) en al die gifsoorte uit te dink, en al die valle,

dan moet ons erken dat die Boesman wel bewus te werk gegaan het om

die Natuur 'n weinig milder haar rykdom met hom te deel. Sy vanggate,

en die arbeid wat hy bereid is om in dié verband uit te oefen lewer

verder bewys van sy ontwikkeling. Daar bestaan wel beskrywings van die

boerdery van seker Boesmans, maar dit was al in die neentiende eeu,

en hul het dit van die Hottentotte en Bantoe geleer.

Iets oor die Boesmankultuur 'n Lesing gehou voor die Suid-Afrikaanse Akademie op Stellenbosch, Januarie 1920, en gedruk op las van die Akademie · 第 19 / 35 题