SONDAG-MÔRE.

Dit is stil in die voorhuis

En stilte rus swaar op die bulte daarbuite,

En stoffies hang blink in die lug, waar die venster

’n Gulde balk van louter luister inlaat.

Daar word boeke gevat:

Die psalm gaat statig opruis,

Ruis weg oor die druipende wilgers,

Waar die tortels selfs luister;

’n Hiemne aan God, aan wie dit gerig is,

’n Statige hiemne van rus en van vrede,

’n Wierook-kolom.

Dis weer stil.

Luid kraai die haan in sy beurtsang--

En nou word gepraat, eers saggies dan luider,

Nou word selfs gelag... die stemming verbroke--

Die diens is verby.

Digters uit Suid-Afrika Bloemlesing uit die poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging · 第 115 / 122 题