DIE VERHUISING VAN CUPIDO.

Cupido het eers vry rondgedwaal

Met sy boog en sy skigtebos,

Behoudens ’n lintjie wat krul, maar skraal

In ’n Adamspak gedos.

Maar die Cherubyne mis hom nou;

Ag, die sede vervel met die tyd!

In die kas lê sy vleueltjies opgevou,

En nywer regeer nou en nyd.

Sy guitige streke het hy laat staan,

Laat met rus nou die pare in die park;

’n Hardedop keil en manel het hy aan--

Hy ’t verhuis na die aandeelmark!

Digters uit Suid-Afrika Bloemlesing uit die poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging · 第 116 / 122 题