IN DIE HOVELD.

In die Hoveld, waar dit oop is en die hemel wyd daarbo,

Waar kuddes waaigras huppel oor die veld,

Waar ’n mens nog vry kan asemhaal en aan ’n God kan glo,

Staat my huisie, wat ek moes verlaat vir geld.

En as ek in die gange van die myn hier sit en droom

Van die winde op die Hoveld, ruim en vry,

Dan hoor ek die geklinkel van my spore, saal en toom,

Sawends as ek bees of skaap toe ry.

Op die Hoveld, waar dit wyd is, waar jy baie ver kan sien,

(Die ylblou bring ’n knop dan in jou keel)

Staat my huisie nog en wag vir my, wag al ’n jaar of tien,

Waar die bokkies op die lei grafstene speel.

Maar as die tering kwaai word en ek hoor die laaste fluit,

Dan sweef ek na die Hoveld op die wind

En soek dan in die maanlig al die mooiste plekkies uit,

Waar ’k kleiosse gemaak het as ’n kind.

Digters uit Suid-Afrika Bloemlesing uit die poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging · 第 114 / 122 题