NAG.

Die klein blink ogies van die groot swart nag

Staar my so stil aandagtig aan vanaand;

Hul glimlag net so effentjies en sag,

Asof hul reeds my diepste wens verstaan ’t,

Ek voel dat daar ’n band onsegbaar teer,

Die groot heelal tot een geheel verbind,

Dat daar ’n gees wat ewig is regeer,

Voor wie die skepping klein voel as ’n kind.

’n Onbegrepe wêreld sonder sin

Sou hierdie lewe wees vir hom wat in

Homself alleen ’n siel en wese vind:

Hy dwaal, ’n vreemde tussen wesens doof en blind.

In hom alleen word waar geluk gewek,

Wat hom in alles, die Al in hom ontdek.

Digters uit Suid-Afrika Bloemlesing uit die poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging · 第 99 / 122 题