OP DIE TORING.

Vlammende wolke aan die hemel,

Roerlose bome teen awendlug,

Landskap in vrede, ’n stille ontroering:

Dalende dag-lig, ’n salige sug!

Donkere stad daarginds in rookdamp,

Rasende wereld, om goud en om eer;

Vredige aandgloed hier op die water,

Swarte voëls vlieg heen en weer.

Magtige see in vrede-stemming;

Ver lê die berge in violet;

Twee staan gearmd hierbo op die toring:

Biddende harte, ’n dankgebed.

Digters uit Suid-Afrika Bloemlesing uit die poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging · 第 98 / 122 题