AAN DIE RENEGAAT.

Jou volk nie goed genoeg nie? Maar die renegaat

Is altyd slegter tog as die wat hy verlaat!

Sal dan die beter volk ’n gulle welkoms gee

Aan d’ allerslegste uit die slegter? Wees tevree

Om in jou eie kring ’n hoër rang te haal--

Jy ’s laag genoeg vandag om nie nog af te daal!

En as jy bly en rys, dit sal jou éendag tref:

Daar ’s hoogheid, wat jou laagheid eers nie kon besef!

Digters uit Suid-Afrika Bloemlesing uit die poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging · 第 74 / 122 题