DIE MOT EN DIE KERS.

Die ander motte was dom en dwaas,

Maar _ek_ sal vèr van die kers af bly;

Hier vèr uit die skemerte sal ek kyk,

Hier vèr is dit veilig en kyk is vry.

Maar ek hoef nie van éenkant net te kyk--

Ek vlieg op dieselfde afstand om,

Dan weet ek van àl-kant hoe hy lyk--

Om beter te sorg om nie nader te kom.

My sirkel was skeef en ingebuig,

Maar dáar ook nog, waar ek naaste was,

Het daar niks gebeur--ek maak verniet

My velling so groot en so vèr van die as.

Die wieletjie draai àl vinniger om,

En die lig en die gloed word àl groter genot:

En die vellings word nouer àl rondom die as--

En die end van die wiel is die as van die mot!

Digters uit Suid-Afrika Bloemlesing uit die poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging · 第 73 / 122 题