LASTER HULDIG, ROEM BESKULDIG.

Soek jy om roem te werf uit enk’le goeie dade?

Dan wys jyself die omvang van jou kwade:

Wie roem op enk’le druppels uit die see?

Maak jy ’n ophef van jou buurmans één mistrap?

Dan wys jy maar hoe reg hy anders stap:

Wie wys één gaatjie in ’n sif en spot daarmee?

Digters uit Suid-Afrika Bloemlesing uit die poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging · 第 72 / 122 题