OP DIE LAERS AANSWERWENDE SOELOE-HORDES.

Lang

soos een slang

op sy kronk’lende gang

lê Toegela en wag

op die koms van die dag.

Teen sy oewers slaat

hy op onrustige maat,

met ’n voorgevoel van onweerstaanbare kwaad.

Want wyd

en vèr in die duister verspreid,

dool sluipende hordes om en om--

’n hygend-voortduwende dreiende drom

van ontsenuwende lis en onrus,

van onmenselike graagte en lus.

Fel,

as in knaende boeie geknel,

brul Toegela, in woedende worstelende stryd

met duisende wreedaards, tot slagting bereid,

wat waag hul te werp in sy waters verbolge,

(en menige beul word na verdienste verswolge)

om heen te dring na sy owerkant

en rouklag te kweek oor die rustige land.

Breed,

in onbreekbare eenheid gesmeed,

dy die draers van droefheid en leed

(’n arglistig-voortstuiwende stroom)

oor die velde, in dooierige droom.

Digters uit Suid-Afrika Bloemlesing uit die poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging · 第 64 / 122 题