OP MY OU RAMKIETJIE.

Op my ou ramkietjie,

Met nog net een snaar,

Speel ek in die maanskyn,

Deurmekaar.

Ek sing van Adam

En Eva se val,

Van die ou Paradys--

„Halfpad mal!”

So sê die mense

Wat my hoor speel.

As die skemer my wang soen

Soos ferweel;

As die maan my aanhoor,

En die sterre knik,

Dan speel ek kordaat voort,

In my skik.

Wat gee ek om mense

Wat sê ek ’s mal,

As die varings my aanhoor

By die wal?

Wat om my vriende--

Wat nooit nie verstaan--

As die sterre my toeknik

En die maan?

Op my ou ramkietjie,

Met nog net een snaar,

Speel ek in die maanskyn,

Deurmekaar.

Digters uit Suid-Afrika Bloemlesing uit die poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging · 第 49 / 122 题