KOMAAN!

Wees sterk!

Daar ’s ’n nasie te lei,

daar ’s ’n stryd te stry,

daar ’s werk!

Daar ’s nie na guns of eer te kyk,

daar ’s nie na links of regs te wyk,

daar ’s net te swyg en aan te stryk--

Komaan!

Wees trou!

Daar ’s ’n volk te leer

om homself te eer,

te bou;

om God, om God alleen te vrees,

aan aard en taal getrou te wees,

gesond en waar van hart en gees--

Komaan!

Wees fier

op ’n voorgeslag waard

in wil en daad

gespier!

Hul lewensweg het ons gewys

om trou te wees aan waarheids eis.

Wie laak mag laak, wie prys mag prys--

Komaan!

Digters uit Suid-Afrika Bloemlesing uit die poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging · 第 22 / 122 题