AARDRYKSKUNDE.

As deur Aardrykskunde verstaan word 'n kennis van waar riviere hulle

oorsprong het, en waarheen hul loop, en dergelyke dinge, dan het die

Boesman feitlik geen kennis van aardrykskunde gehad nie. Hulle het

name vir riviere gehad, en ook ander plekke soos berge en fonteine

het name gekry; maar in die vrugbare dele van ons land het die

Boesman nie veel gereis nie, en dus nie veel kennis van die land

as 'n geheel opgedoen nie. Boesmans wat Campbell mee gepraat het,

is oud geword sonder om 'n vyf-en-twintig myl van hul geboorteplaas

te gaan. Maar terwyl soveel dorpelinge wat vandag met hulle kennis

van aardrykskunde kan spog, op die veld verdwaal, ja, selfs binne

tweehonderd tree van hul eie woninge, het die Boesman die wonderlike

gawe gehad om altyd die regte koers huis toe te ken, al neem jy vir

hom hoe ver, en langs watter kronkelende paaie ook al.

Iets oor die Boesmankultuur 'n Lesing gehou voor die Suid-Afrikaanse Akademie op Stellenbosch, Januarie 1920, en gedruk op las van die Akademie · 第 29 / 35 题