MOORD EN DIEFSTAL.

En dit het alles plaasgevind toe Boesman alleen 'n onverdeelde

Suid-Afrika besit het. Toe hy sy eie mense moes vermoor as die moordlus

in hom begin opwel; maar toe ander rasse begin inkom, en 'n nuwe soort

"wild" (d.w.s. skape en beeste) op sy jagterrein verskyn het, was

daar nuwe mense om te vermoor, en nuwe redes daartoe. Na die witman se

aankoms was dit eers die Hottentotskaapwagter wat hul vermoor het om

die vee in die hande te kry. Die geliefkoosde wyse was om sy kop in

te slaan terwyl hy slaap, sê Fritsch, en al die ou reisigers vertel

van moord van die wagters en steel van die vee. Maar hulle het nie

alleen wagters vermoor nie, ook loslopende mense, soos onder ander,

een van Lichtenstein se bodes. Hoe erg hulle by die begin van die

neentiende eeu was, kan 'n mens besef as jy die dagverhaal van die

reisigers van daardie dae lees, en merk hoe dikwels hulle, selfs in

die kort tydjie van die duur van hul reis, iets van moord en diefstal

van die Boesmans te sê het. En hoe langer die stryd aanhou, hoe wreder

word die Boesman. Dieselfde Barrington al vroeër aangehaal, vertel

hoe hulle 'n Hottentot begrawe het sodat sy kop net uitsteek, en hoe

hy die hele dag lank die kraaie moes wegja met kopbeweginge. Gelukkig

is die Hottentot die aand nog gered.

Iets oor die Boesmankultuur 'n Lesing gehou voor die Suid-Afrikaanse Akademie op Stellenbosch, Januarie 1920, en gedruk op las van die Akademie · 第 12 / 35 题