LENTELIEDJIE.

’n Manestraaltjie het kom kuier,

Kuier vir plesier,

By die blanke hemel-bloesems,

in my tuintjie hier.

Heel die lente-awend luister

Hoe die bloesems saggies fluister:

„Vlei jou reinheid manestraaltjie

Aan my boesem hier.”

Toe het skalks die stoei-graag windjie,

Loerend om ’n kier,

Van die bloesem-wierook dronke,

Bruilof in my tuin gevier.

’N SIMPEL LIEDJIE.

Ek ken ’n melodietjie

Só menslik en só rein,

Dat heel my siele saamween,

Saam met die liedjie klein.

Die liedjie is so simpel

Dat elkeen dit verstaan:

’n Kindjie het vanawend

Sag na die Heer gegaan.

Ek ken ’n melodietjie

Van onse sterflikheid;

Maar o, die moederharte

Moet glo aan d’ ewigheid!

Digters uit Suid-Afrika Bloemlesing uit die poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging · 第 119 / 122 题