DIE KOKET.

Die reënt het my tuintjie skoon gewas,

En ’n windjie dwaal daarin;

Hy sleep sy soetste geure saam

Om ’n roseknop te win.

„Kom saam my liefie,” fluister hy;

„’k Gee alles wat ek het--

My vrye siel, die hemelblou,

Dit alles, alles skenk ek jou,

En ’k vra jou hartjie net!”

Om roserooie lippies plooi

’n Glimlaggie, o ai so mooi;

Sy skud haar koppie heen en weer,

„Kom môre weer, kom more weer!”--

Die rosie was koket!

’n Sonnestraaltjie het plesier

En lag die windjie uit.

Hy hang ’n pêrel om haar hals,

En soen die rose-lippies mals--

Die rosie word sy bruid!

Digters uit Suid-Afrika Bloemlesing uit die poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging · 第 118 / 122 题