SOOS DIE WINDJIE WAT SUIS.

Soos die windjie wat suis oor die velde,

met geure van lente bevrag--

is die hoop wat kom fluister van arbeid en stryd

en die sege wat wag.

Soos die dorre geruis in die najaar

van blare wat val en vergaan--

die verwytende stem van geleentheid verspeel,

en van dade wat sterf--ongedaan!

Digters uit Suid-Afrika Bloemlesing uit die poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging · 第 110 / 122 题