MEISIES.

Nee, ons het net die nuus gehoor:

Transvaal het sy vryheid nie verloor!

* * *

En die noointjies dans, dat die stof so staan,

Met die vierkleurvlag om hul lyf geslaan.

Dis polka-swaai

En Kaapse-draai;

Dis siembamba

En siembamba--

Uit blydskap vir

Suid-Afrika!

Die noointjies dans,

En die seuns en mans

Die lag en skerts en gaan te keer,

En sing dan weer:

„De Wet was hier, De Wet was daar,

De Wet was vasgekeer;

Maar dit was glad nie, glad nie waar--

Hy flous hul telkens weer!

De Wet was hier, De Wet was daar,

De Wet was oweral;

Ou French, wat hom ’n strik wou span,

Het self daarin geval!

En De la Rey het opgetree

Daar bo in die Transvaal;

Methuen het hy ’n pak gegee--

En so sy roem behaal!”

* * *

Toe die boodskapper oor die rand verdwyn,

Toe hoor hy nog steeds die bekende refrein:

„Hoera vir die Vrystaat, hoera vir Transvaal!

Hoera vir ons groot Kommandant-Generaal!

Hoera vir ou Kaapland, hoera vir Natal!

Hoera vir die burgers van oweral.”

Digters uit Suid-Afrika Bloemlesing uit die poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging · 第 92 / 122 题