PROBLEEM.

’n Mot vlieg vol van lewensblyheid

Vas teen ’n soeklig-toring aan,

So spog’rig, asof Lot nog Vryheid

Vir hom bestaan--

En hy vergaan!

Die soeklig gooi sy glinster-strale

Wyd oor ’n see van woesteny--

Verkondig skippers telkenmale:

Bly vèr van my,

Bly vèr van my!

Geliefde! So ’t jou oog-geflonker

My vaak al voor die vraag laat staan,

Of ek moet uitbly in die donker,

Of nader gaan--

Jy trek my aan!

Digters uit Suid-Afrika Bloemlesing uit die poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging · 第 85 / 122 题