DIE TREK DRAKENSBERG AF.

Die reuse-top rys hoog uit bo die wolke

en tronend siet op wasige oorde neer.

Daaronder gaap die grondelose kolke,

ombruisd met golwe van een lowermeer.

Daar skram en skuur die duisend wae-wiele

en sukkel knarsend oor die klippe heen,

dog liewend wieg ’n duisendtal van siele--

hul troue troos by rouklag en geween.

En steen op steen skuif klotsend langs die wande

en spring die duiselende steiltes af,

om diep en stil in donk’re oewersande

hul rus te vinde in ’n eeue-graf.

Die eggo’s rommel deur die diepe klowe;

die sku’ bewoners van geheime woud

verstom en tuur in bewing heen na bowe,

besorgd om hulle skoon kasteels behoud.

Digters uit Suid-Afrika Bloemlesing uit die poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging · 第 62 / 122 题