SLAAP.

Wat is die slaap ’n wondersoete ding!

Sag op haar bloue oë daal die vaak,

soos maneskyn diep waterkuile raak

om daar te droom in silwer skemering.

Vir laas beef oor haar lippe ’n fluistering:

„Nag, Pappie.” Ek merk, hoe langsaam hy genaak,

wat drome soet tot werklikhede maak....

in vaderarme rus my lieweling!

Sluit so my oë, God, wanneer vir my

U Engel wink ter laaste, lange rus

en ek van wilde woeling hier moet skei;

dat my dan soete drome huistoe sus

en sterke Hand deur duisternisse lei....

Sluit so my oë, God, as ek gaan rus!

Digters uit Suid-Afrika Bloemlesing uit die poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging · 第 60 / 122 题