SLAMPAMPERLIEDJIE.

Ek sing van die wind wat tekeer gaan;

Ek sing van die reën wat daar val;

Ek sing van ons vaal ou Karooland;

Van blomme wat bloei by die wal;

Van water wat bruis oor die klippe;

Van duikers wat draf oor die veld;

Van voëls wat daar sing in die bossies--

Maar nooit nie, nee nooit nie, van geld!

Vir my sing maar liewers van blomme;

Van al wat die vlei laat verkleur;

Van al wat die sonskyn laat spartel;

Van voorjaar en najaar se geur;

Vir my sing maar liefs van die water;

Van duikers wat draf oor die veld;

Van rotse en branders en wolke--

Maar nooit nie, nee nooit nie, van geld!

Digters uit Suid-Afrika Bloemlesing uit die poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging · 第 39 / 122 题