XVIII

Die fees het weer verbygegaan--

na alkant sien mens waens, soos

die boere in klompies weer vertrek...

Hoe wakker staan die swepe-ry!

hoe daal hul, en die voorslag klap

om die osselywe op te wek!

Nie lank nie of daar is weer fees;

nou in oom Gert se huisie, waar

Willem en Dina samestaan...

Voordat die mense skei, vra nog

die predikant dat hul sal hoor

hoe hierdie bruilofsliedjie gaan:

Trekkerswee Met tekeninge van J.H. Pierneef · 第 21 / 45 题