INLEIDING.

Die lesing dien as 'n voorlopige rapport in verband met my studie

van die Boesman soos hy deur reisigers en ander beskrywe is.

Die gepubliseerde materiaal wat vir 'n studie van die kultuur van

dié ras beskikbaar is, is ongelukkig maar gering, en daarby so

versprei--hier 'n sin en daar 'n paragraaf in die verhale van die

honderd-en-een ou reisigers in ons land--dat die versameling van die

bietjie materiaal alleen, sonder om dit te rangskik en gevolgtrekkinge

te maak, 'n werk is wat baie tyd eis. Die nodige tyd en geleentheid

het totdusver ontbreek om selfs alleen al die voornaamste bronne te

ondersoek, maar daar is in die laaste tyd in Suid-Afrika, in altwee

tale, soveel onjuisthede en halwe feite in die verband gepubliseer,

dat dit ook miskien geregverdig is om met so 'n voorlopige halfbewerkte

betoog voor die wêreld te verskyn as 'n teegif teen genoemde verkeerde

voorstellinge. As dié lesing dié gevolg sal hê, en as die beskrywing

van die verskillende onderdele van die onderwerp wat hier nog nie

volledig uitgewerk is nie, belangstelling sal opwek, is die doel van

die skrywer vereers bereik.

Iets oor die Boesmankultuur 'n Lesing gehou voor die Suid-Afrikaanse Akademie op Stellenbosch, Januarie 1920, en gedruk op las van die Akademie · 第 4 / 35 题