VOORWOORD.

Die boekie wat nou die wereld ingaan is 'n afdruk van 'n lesing wat

ek in Januarie 1920 voor die Suid-Afrikaanse Akademie by hul sitting

op Stellenbosch gehou het.

Deur hul kuns is my belangstelling in die dwergies eers gewek, en

later toe ek besef dat alleen deur 'n dieper studie van hul "kultuur"

'n mens die Boesmankuns ten volle kan waardeer, het ek besluit om die

nodige kennis te probeer opdoen. Die studie het vir my die Boesman

in 'n heeltemal nuwe lig getoon, en was vir my so interessant dat ek

goedgedink het om my ontdekkinge aan die Akademie mee te deel in die

hoop dat hulle ook die onderwerp van belang sou vind. Dat my hoop

nie ongegrond was nie, word bewys deur die feit dat hul my die eer

aangedoen het om die lesing in boekvorm te laat druk.

Soos ek in die inleiding sê, is diè lesing maar 'n voorlopige rapport

in verband met my studie. Later, as daar genoeg belangstelling getoon

word, sal ek miskien 'n meer afgewerkte behandeling van die onderwerp

kan uitgee en verder besonderhede oor die beeldende kuns van die

Boesman byeenbring.

By so 'n molike later uitgawe sal daar 'n geleentheid wees vir

volledige aantekeninge in verband met die bibliografie.

R. J. v. R.

Bloemfontein,

Oktober 1920.

Iets oor die Boesmankultuur 'n Lesing gehou voor die Suid-Afrikaanse Akademie op Stellenbosch, Januarie 1920, en gedruk op las van die Akademie · 第 1 / 35 题