MAAR ÉÉN SUID-AFRIKA.

Gee my ’n roer in my regterhand,

Gee my ’n bok, wat vlug oor ’n rand--

En ’n flukse perd om hom weg te dra:

Gee my Suid-Afrika.

Gee my ’n kamp waar bossies groei,

Gee my ’n fraai volstruis wat broei--

En ’n Boereseun wat baie wa:

Gee my Suid-Afrika.

Gee my ’n koppie om op te staan,

Gee my die Swartland met al sy graan

En nooit of te nimmer hoor jy my kla

Gee my Suid-Afrika.

Gee my ’n vlakte ruim en wyd,

Gee my die veld se oneindigheid--

En die lekker geur, wat die lug daar dra:

Gee my Suid-Afrika.

Digters uit Suid-Afrika Bloemlesing uit die poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging · 第 94 / 122 题