SLAGVAARDIG.

Jy moet nie bang wees vir die bliksem,

jy moet nie bibber as dit reën;

Moet ook nie skrik nie vir ’n bom nie,

Al was hy ook vir jou gemeen.

Wees dapper as wat swak is wankel,

Wees manlik as jou kinders huil;

En toon die wêreld, Afrikaander,

Wat daar vir skoons in Kaapland skuil.

O volk van my, daar is nog arbeid,

Daar is nog roem, daar wag nog stryd;

Jy moet nie bang wees vir wat kom nie--

Wees slagvaardig, wees bereid!

Digters uit Suid-Afrika Bloemlesing uit die poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging · 第 88 / 122 题