MY ONHERROEPLIKE KINDERDAE.

Ek sou nie graag my lewensweg

’n Twede maal vervolg, want reg

Sou ek hom tog nie kry; en wat

Daar skoon en lief was op my pad

Kan die herhaling my laat mis.

Maar as ek iets terugwens is

Dit, dat ek by my ouderdom

My kinderhart weer mog bekom--

Met fleur van lus en geur van smaak,

En groot belang. in kleine saak,

En goue traan en gou weer af,

En grote vrees vir kleine straf,

Maar steeds herhaalde stoutigheid!

Og, had ek weer die sondigheid

Van sondaartjies, onskuldig rein:

Og, was ek weer as sondaar klein!

Digters uit Suid-Afrika Bloemlesing uit die poësie van die Twede Afrikaanse-Taalbeweging · 第 69 / 122 题